Steinkopf : Lyk van bejaarde in plas bloed gevind

"Die voorval het vermoedelik tussen 14 en 16 Julie 2021 plaasgevind."

0

Die polisie van Steinkopf ondersoek ‘n saak van moord na die ontdekking van die liggaam van ‘n bejaarde vrou.

‘n Woorvoerder van die polisie in die Noord Kaap, Luitenant-Kolonel Dimakatso Dimakatso Sello het bevestig die liggaam van ‘n 62-jarige vrou is in haar huis in droë bloed gevind deur bure wat  gaan ondersoek instel het.

Die voorval het vermoedelik tussen 14 en 16 Julie 2021 plaasgevind.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enige iemand met inligting tot die ondersoek kan met Kapt Frans by 082 448 8428 of Kst Lewis by 082 824 1598 skakel.

Alle inligting wat ontvang word, sal met die streng vertroulik hanteer word.

Die ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.