Steinkopf-man in hegtenis vir R300 000 se onwettige vetplante

'n 40-Jarige man sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.

0

‘n Twee weke lange klandestiene operasie waarby die Springbok-veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid, Upington misdaadintelligensie, Vioolsdrift grenspolisie en Upington se tegniese ondersteuningseenhede betrokke was, het gelei tot die inhegtenisneming van ‘n manlike verdagte.

Die polisie het gister beslag gelê op ‘n groot hoeveelheid Conophytums wettsteinii -vetplante, in die Springbok omgewing.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het bevestig dat die operasie omstreeks tienuur gisteraand, in ‘n veldgebied tussen Okiep en Steinkopf uitgevoer was.

“Die polisie se geheime agente het die ooreenkoms beklink, en ‘n 40-jarige manlike verdagte van Steinkopf is in hegtenis geneem nadat die transaksie afgehandel is.”

Die Conophytums, wat ‘n soort van ‘n Suid-Afrikaanse vetplant is, staan algemeen bekend staan ​​as die knopiesplant, keëlplante of knoppieplante.

Die bedregde plantspesies was in agt bokse verpak en aan die agente oorhandig.

“Die geskatte waarde op die Suid-Afrikaanse mark is ongeveer R300 000-00.”

Die 40-jarige verdagte is aangekla vir die oortreding van die Noord-Kaapse Wet op Natuurbewaring 9 van 2009, Artikels 50 en 51 – die besit van beskermde plantspesies.

Gamieldien sê die verdagte sal binnekort in die landdroshof op Springbok verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.