Steinkopf SAPD word geestelik opgehef

"Voordat die diens begin het, het Kolonel Groenewaldt dit onder die aandag  gebring dat sommige polisielede aan depressie lei en selfs verval in drank en dwelms."

0

Die gemeenskap op Steinkopf het in groot getalle  opgedaag om die polisie te ondersteun tydens ‘n kerkdiens wat waargeneem was om polisielede geestelik te onderskraag.

Polisiebeamptes het hul eie vrese wat hul daagliks in die gesig moet staar.

Dit het Sondag, 17 Oktobter plaasgevind op die parkeerarea van OK.

Die nuut gekroonde Mej. Namakwaland, Elneve De Vries, het die jeug van die gemeenskap bemoedig.

Mej. Tiener, Lamieze Heyn, het op haar beurt wit balonne vir vrede oor Steinkopf vrygestel.

Voordat die diens begin het, het Kolonel Groenewaldt dit onder die aandag  gebring dat sommige polisielede aan depressie lei en selfs verval in drank en dwelms.

Die gemeenskap moet dus bewus wees dat hulle ook ook net mens is, en dat hy wat Groenewaldt is, ‘n kollega op Vioolsdrift aan die dood afgestaan het diè betrokke Sondag.

Kapelaan Baard het die Woord bedien vir ieder en elk wat daar was.

Haar boodskap was daarop gemik dat as mense klippe na jou gooi, dat jy daardie klippe moet neem en vir jou ‘n altaar moet bou.

Sy het die bewusmaking gekweek dat polisiebeamptes, mans sowel as vrouens, selfmoord pleeg, en het ook voorbidding vir die manne en vroue in blou gevra.

Die gemeenskap op Steinkopf het hulle hande uitgesteek na die polisiebeamptes wat teenwoordig was en vir hulle gebid.

Na afloop van die Boodskap was die gemeenskap vermaak met die polisie se gesteelike “band”.

Die bedankings was gedoen deur Kaptein Frantz, wat almal bedank het wat so mooi gehelp het om van die dag se verrigtinge ‘n sukses te maak.

Die diens was gehou ter afsluiting van die maand van veiligheid vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

“Ek wil my opregte dank uitspreek teenoor die Polisie op Steinkopf vir al die reëlings en die pragtige gebaar en selfs waaronder dit geskied het en die ondersteuning van die gemeenskap,” het De Vries gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.