Steinkopf SBL sluit skool

"‘n Versoek was gerig dat ten minste ‘n klasgroep getoets moet word waar ‘n positiewe geval wel aangeteken was ."

0

Bekommerde ouers en lede van die skoolbeheerliggaam (SBL) het vanoggend die hekke van Laerskool Ferdinand Brecher op Steinkopf gesluit.

Die SBL van die betrokke skool  is uiters bekommerd oor die veiligheid van die leerders en personeel.

Dit blyk dat die skool oor die hoof gesien word, dit nadat een opvoeder en ‘n nie-doserende personeellid positiewe KOVID-19 uitslae ontvang het.

Dit het binne die periode van 4 April tot op hede plaasgevind en geen intervensie met betrekking tot die veiligheid van die skoolgemeenskap was gedoen nie.

Die SBL was gedurig in kontak met die Departement van Onderwys via die kantoor van die Kringbestuurder, deurdat hulle elke dag, elke keer die templaat van positiewe gevalle voltooi het.

Maandag, 12 April 2021, het die SBL verneem van drie leerders se uitslae wat ook positief getoets het.

Weereens was die Departement Gesondheid en die Distrikskantoor in kennis gestel met intervensie  tot op hede.

‘n Versoek was gerig dat ten minste ‘n klasgroep getoets moet word waar ‘n positiewe geval wel aangeteken was .

Verder is daar geen sprake van deeglike sanitering.

“Is ons skoolpersoneel en leerders se gesondheid nie belangrik nie?” ,vra lede van die SBL.

Bekommerde ouers vra ook hoekom word Dr. Izak van Niekerk Primêre skool en ander skole anders hanteer as Laerskool Ferdinand Brecher?

Ouers voel indien niemand gaan ingryp nie, kan hul kinders en onderwysers ook nie aan hierdie veiligheidsrisiko blootgestel word nie.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.