Steinkopf skoonheid wil mense hoop gee na tragiese ongeluk

”Ek het minderwaardig begin voel “, vertel sy."

0

Elneve Christal De Vries (19), woonagtig in Steinkopf, het haar skoolloopbaan in 2020 te Steinkopf Hoërskool voltooi.

“My wonderlike ouers is Elna en Neville en het die beste broer in die wêreld, Nashville. Met die ondersteuning van diè drie persone in my lewe, het hulle my gehelp om die persoon te bekom wat ek vandag is” vertel sy.

Hierdie Nama-skoonheid is dankbaar vir die Here vir sulke mense in haar lewe.

Saam maak hulle die beste span, en die wenresep daarvoor is dat hulle mekaar ondersteun en bystaan as die nood druk.

“Op skool het ek nie baie vriende gehad nie, en my ma is my beste vriendin. Met haar kan ek oor alles praat wat my pla. Vir my pa kan ek alles vra wat ek wil weet en Boeta is my onderwyser by die huis, die een wat my met elke taak gehelp het. Meestal was ek alleen, want ek het nie vriende gehad wat my by die huis kom kuier het nie. Soms was ek in my eie wêreld en dis waar ek my eie scenario’s geskep het oor hoe ek wil hê my lewe moet wees,” vertel De Vries.

Haar ma het haar van kleins af in skoonheidskompetisies ingeskryf en elke keer het sy met die kroon weg gestap.

Sy het dit later as ‘n gewoonte aangekweek en het deel geneem aan elke skoonheidskompetisie op die dorp.

Welbekende model, Altina Vries, het haar op 16 Julie 2021 bewus gemaak van die  Mnr & Mej Noord-Kaap Kompetisie.

De Vries het onmiddellik die blad besoek op Facebook en  daarna ingeskryf.

“Ek het ingeskryf omdat ek voel ek behoort by skoonheidskompetisies. Ek doen dit nie om ‘famous’ te wees nie, maar omdat my hart in dit is en daar elke dag ‘n vuur in my brand wanneer ek die verhoog betree en verby die mense in die gehoor stap,” sê de Vries.

Die Mnr & Mej Noord-Kaap kompetisie is ‘n jaarlikse kompetisie wat vir meer as 10jaar aankom en kies verteenwoordigers in elke provinsie wat hoofsaaklik fokus op liefdadigheidswerk doen.

Dit word bestuur deur die Rolemodels Foundation wat ‘n  Nie-regeringsorganisasie   is.

Met haar  inskrywing was sy alreeds ‘n finalis in die kompetisie.

Daar is ‘n platform om te stem vir haar en met genoeg stemme kan sy die “Public Award” wen.

Op die dag van die kompetisie sal daar onderhoude gevoer word om die deelnemers beter te leer ken.

Diè aand is die “gala event” wanneer die deelnemers gaan meeding vir die kroon.

De Vries  sien hierdie kompetisie as ‘n  goeie uitdaging vir haar om ‘n verskil te maak in haar gemeenskap.

Sowat 9 jaar gelede was hierdie skoonheid in ‘n ‘n tref-en-trap ongeluk wat littekens op haar been gelaat het. Sy moes 6 operasies deurgaan asook verskeie veloorplantings.

Sy moes weer leer stap en sit en dit het haar hele lewe verander.

Hierdie sameloop van gebeure het haar selfvertroue ‘n knou gegee en sy het begin hom haarself te onttrek.

”Ek het minderwaardig begin voel “, vertel sy .

Sy moes groot veranderinge aangebring het aan haar kleredrag en het begin uitvoel teenoor ander meisies haar ouderdom wat kort rompies en broekies gedra het.

“Ek het tot die besef gekom dat Liewe Jesus my ‘n tweede kans in die lewe gee omdat mense my gaan nodig kry en ek graag mense wil help, want my doel in die lewe is om mense ‘n ander insig oor die lewe te gee, om hulle weer hoop te gee en altyd ’n ope hand sal het vir my medemens,” voeg sy by.

Haar boodskap aan jongmense met ‘n gevoel van minderwaardigheid is: “Liewe Jesus is lief vir jou en jy is vir Hom die mooiste.  So kyk na jouself in die spieël en sê jouself ek aanvaar elke vlekkie of merk op my liggaam.”

Die afgelope tyd het sy baie in haar gemeenskap gewerk, wat sy onder andere kos uitgedeel het, dit was min maar Liewe Jesus het dit geseën want daar was vir almal.

In die begin was sy baie hartseer en het gehuil oor die omstandighede waarin mense hulle bevind maar sy begin om sterk te word en ervaring opgedoen.

De Vries wil net die kindertjies optel en styf teen haar vasdruk en sê dat alles “okay”  sal wees en dat hulle net moet glo.

Sy voel elke gemeenskap moet uitreik na hulle medemens, dan sal dit ‘n beter wêreld word.

Of sy die kroon huistoe gaan bring of nie, dit was nog altyd haar droom van laerskool dae af.

Mense kan vir haar stem tot 24 September 2021.

Haar  stemnommer is 7427 en dit moet ge-sms word na 48068 en kos R5 per sms.

Mense kan   meer as een keer stem.

“Eerste wil ek vir Liewe Jesus bedank wat alles moontlik gemaak het sover en laastens wil ek almal bedank wie my so mooi ondersteun en motiveer om die beste hiervan te maak. Ek waardeer dit opreg baie,” sluit sy af.

Leave A Reply

Your email address will not be published.