Steinkopf Top 5 help daklose inwoners

0

Namakwalanders is onsettend dankbaar vir die reёn, maar met die koue weer dra elke huis sy kruis.

Almal is ongelukkig nie so bevoorreg om die koue weer snoesig in hul huise te geniet nie.

’n Huisgesin op Steinkopf is reeds in 2019 dakloos gelaat as gevolg van die koue weersomstandigehede.

Daarna het die gesin na familie verhuis en hulp gesoek om die huis weer op te knap.

Die gesin het verskeie noodkrete uitgeskree maar dit het op dooid oor geval.

Nadat die huis vir ’n wyle leeg gestaan het, het gemeenskapslede die huis begin plunder.

Verskeie items is uit die huis gesteel, selfs deurkosyne en vensters is weggedra.

Die organisasie TOP 5 Helping Community het die huis besoek om te kyk hoe hulle kan help.

Hulle vra hulp van die gemeenskap vir skenkers.

Enige dakplate, balke, ruite, deure sowel as kosyne is welkom.

Indien enige persoon ’n skening wil maak kan hulle die organisasie kontak by 083 434 0283.

Asook; Engela Farmer- 073 286 8278

Juffrou Britz- 072 642 7634

Noni Bock- 078 170 0490

Dawid Cloete- 079 919 1459

Die TOP 5 vra dat die gemeenskap saamwerk om hierdie gesin uit hul haaglike omstandighede te red.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto:Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.