Strate pers geverf vir ’n goeie doel!

0

Die strate is behoorlik pers geverf nadat mans en vroue regoor Suid-Afrika in pers speedos vir ’n goeie doel gedraf het.

Die Hollard Dare Devil Run is ’n inisiatief vir mans en vroue om fondse in te samel vir prostaat kanker.

Hollard Dare Devil Run 2021 het virtueel plaasgevind en deelnemers kon 5km in hul tuisdorp hardloop.

Richard Theron en Willem Mostert het Vrydag Namakwalandse strate aangepak.

Die duo het berhoorlik koppe laat draai in hul pers speedos, waar hulle die 5km aangedurf het op die N7 op Okiep.

Mostert kon op 59-jarige ouderdom die 5km kaf draf met Theron.

Foto: Rene Cloete
Leave A Reply

Your email address will not be published.