Radioman vat die pad

Die fietstoer eindig op 15 Julie 2021."

0

Radiobestuurder en pionier vir mense met gestremdhede, Brunhild Strauss, het 25jaar gelede die gebruik van sy bene verloor na ‘n tragiese motorongeluk.

Na ‘n lang stryd om vrede te maak met sy “nuwe normaal” het  Strauss in homself opgestaan en begin om beperkings vir mense met gestremdhede af te breek.

Strauss het net die gebruik van sy arms en leef voluit  met behulp van sy rolstoel wat hom sy mobiliteit bied.

As ‘n aktivis wat veg vir die reg van persone met gestremdhede en verbonde aan die nasionale raad vir persone met gestremdhede in Suid Afrika is hy ook betrokke by die Radio Nfm 98.1 in Okiep buite Springbok.

NFM Radio dien as ‘n mondstuk vir die breër Namakwaland in die Noord-Kaap en Strauss maak seker dat persone met gestremdhede ook deur die radio as platform informasie kry en luisteraars ‘n beter begrip kry van persone met gestremdhede.

Strauss vertrek eerskomende Sondag 11 Julie  met sy handfiets saam met twee fietstryers om die meer as 400 kilometer vanaf Springbok na Upington oor 5dae aan te durf.

Die doel van die toer is ter bewusmaking van Loslitdag wat ‘n nasionale fondsinsamelingsprojek en veldtog is  vir die persone met gestremdhede asook verspreiding van volwasse weggooi doeke en hulpverlenings pakkies aan begunstigdes tydens die fiets toer.

Die fietstoer eindig op 15 Julie 2021.

Motoriste wat die pad tussen Springbok en Upington tydens die tydperk sal gebruik word gevra om op die uitkyk te wees vir die fietryers.

Dorpe op die roete sal ook besoek word as deel van die veldtog.

Navrae en enige ondersteuning kan gerig word aan Brunhild Strauss by by 082 3064 634

Leave A Reply

Your email address will not be published.