Strauss in sop oor K-woord

0

Die stasiebestuurder by die plaaslike radiostasie,  NFM 98.1 , Brunhild Strauss, is gister op 8 September uitgemaak as ’n rasis, toe ’n plasing op sosiale media uit verband uit geruk is.

Strauss het in ’n inskrywing op Facebook, gemeenskapslede in kennis gestel oor  drie EFF lede wat deur die Springbok-polisie, voor Clicks se ingang verwyder is.

Dit kom nadat die lede die ingang bewaak het, rondom die omstrede haaradvertensie, wat Clicks oor die naweek geplaas het.

’n Sleutelbordkryger het kommentaar gelewer onder Strauss se plasing en die “K-woord” gebruik.

Nóg ’n sleutelbordkryger het op haar eie facebook blad laat hoor dat “dit jammer is dat God-geskape mense sulke woorde toegesnou moet word.”

Na hierdie plasing was die hele Facebook-gemeenskap in rep en roer en het begin om vir Strauss te kruisig.

Hulle het hom ’n rasis genoem en gesê hy moet verwyder word.

Die sleutebordkrygers het selfs sover gegaan om te sê dat , ‘n “Boycott Radio NFM” veldtog van stapel gestuur moet word.

“Die Facebook-gemeenskap het egter die kat aan die stert beet, want Strauss het geen opmerking gemaak nie, maar wel ‘n Facebook-gebruiker wat op sy plasing kommentaar gelewer het.”

Die hele plasing is uit verband geruk deur die sleutelborkryger, wat toe haar eie plasing gaan maak het.

Die persoon het versuim om die saak reg te stel nadat sy gesien het hoe die kommentaar uit porporsie geblaas word.

Hiermee wil NFM Nuus Brunhild Strauss se naam, in ere herstel.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.