Stropery neem toe in Kamiesberg

0

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse polisiediens om insiatiewe teen stropery in die provinsie opte skerp.

Dit kom nadat stropery van fauna en flora toeneem in die Kamiesberg regsgebied asook omliggende gebiede.

‘n Parlementslid van die DA, Veronica van Dyk, sê dat die DA met kommer kennis geneem het van die toename in die stropery van bedreigde plant-en diersoorte, soos reptiele, wat uniek is aan die Kamiesberg- en Richtersveld-omgewing.

“Die eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies op Springbok, wat slegs deur vyf lede beman word, hanteer tans 130 sake,” sê Van Dyk.

Daar is geen balans tussen die lede wat stropery moet aanspreek en die werklike voorkoms van die misdaaad nie.

Landelike gemeenskappe word ook bedreig omdat stropers private eiendom oortree om bedreigde spesies te bekom.

Van Dyk vertel dat ‘n boer in die Kamiesberg se familie nie lank gelede aangeval is toe hulle op stropers afgekom het.

Die DA sal met die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, generaal-majoor Henriëtte de Waal skakel, sodat daar beter ondersteuning aan die polisiëringseenheid teen stroping, te bied.

Die stropers en smokkelaars is nie net individue wat werkloos is en probeer om brood op die tafel te sit nie.

Daar is ‘n baie groot aanduiding dat sindikate daarby betrokke is.

Dit veroorsaak bykomende risiko’s wat die polisiediens nie kan bekostig om te ignoreer nie as hulle die natuurlike erfenis van die Noord-Kaap, sowel as inwoners in landelike gebiede van die provinsie, wil beskerm nie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.