Suid-Afrika maak litte los op “Jerusalema”

0

“Jerusalema ikhaya lami
Ngilondoloze
Uhambe nami
Zungangishiyi lana”

Dis die woorde op talle Suid-Afrikaners se lippe, nadat die liedjie tans groot opslae maak, nasionaal en internasionaal.

“Jerusalema” is ‘n liedjie deur die Suid-Afrikaanse platejoggie en platevervaardiger, Master KG en die sanger, Nomcebo.

Die opgewekte house-liedjie, wat deur die gospel genre beïnvloed is, is aanvanklik op 29 November 2019 vrygestel nadat dit positiewe reaksie aanlyn gekry het, gevolg deur ‘n musiekvideo op 21 Desember.

Die merkwaardige “Jerusalema” -dansuitdaging het tydens die land se inperking, op sosiale media platforms ontstaan.

“Mense regoor die wêreld het video’s van hulself gedeel, waarin hulle op diè trefferlied litte los maak.”

Master KG en Nomcebo in die “Jerusalema”-musiekvideo.

President Cyril Ramaphosa het egter gisteraand, in sy landwye toespraak die nasie uitgedaag om aan diè uitdaging deel te neem.

Ramaphosa het gevra dat landsburgers op Donderdag, 24 September, wanneer die land Erfenisdag herdenk, die prettige danspassies uitvoer.

Hy het bygevoeg dat dit die beste manier is vir Suid-Afrikaners, om hul erfenis te vier.

“Op dié manier wys Suid-Afrikaners die wêreld waartoe hulle in staat is.”

Die President het ook die land se talentvolle dansers en kunstenaars op die skouer geklop vir hul rol wat hulle speel tydens die pandemie.

Die span van Radio NFM 98.1 het sowat vier weke gelede aan die uitdaging deelgeneem.

Die omroepers laat hoor dat hulle vet pret gehad het en trots was om deel te wees van hierdie fenomeen.

Kyk NFM se #Jerusalemachallenge hier: https://www.youtube.com/watch?v=8jPfXmMb0VE

Leave A Reply

Your email address will not be published.