Suksesvolle misdaadvoorkomingsoperasie in Kuruman area uitgevoer

"“'n 35-Jarige vrou is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die landdroshof verskyn vir die handel in dwelms”, het Sello gesê."

0

In ‘n poging om dwelmverwante misdaad te bestry en dwelms uit die samelewing uit te roei, het SAPS se eenhede bestaande uit die Kuruman Snelwegpatrollie, K9 en misdaadintelligensie op 21 Julie 2021 ‘n gesamentlike intelligensie-operasie in die Kuruman-omgewing gedoen.

Die gesamentlike eenhede  het inligting opgevolg oor dwelmhandel in Bankhara waar twee huise deursoek is.

Provinsiale polisiewoorvoerder Luitenant-Kolonel Dimakatso Sello het bevestig dat by die eerste huis is 117 mandrax-tablette en ‘n kontantbedrag van R920-00 gekonfiskeer.

‘n 32 Jarige man is in hegtenis geneem vir die besit en handel in dwelms.

By die tweede huis het die span beslag gelê op 16 kwarte  mandrax tablette wat  verseël was in ‘n foelie en 1 277 kg dagga.

“’n 35-Jarige vrou is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die landdroshof verskyn vir die handel in dwelms”, het Sello gesê.

Die ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.