Swaar vonnis opgele vir poging tot moord en kaping

"Potgieter is skuldig bevind en 20 jaar direkte gevangenisstraf opgelê weens poging tot moord en kaping."

0

Op 28 Julie 2021 het die landdroshof in Kimberley Chris Potgieter, 43 jaar oud, tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis weens kaping en poging tot moord.

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Luitenant-Kolonel Dimakatso Sello, het bevestig dat ‘n man gedurende Maart 2020 naby by die Boshoff-pad in Kimberley gekaap en geskiet is.

Die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad het onmiddellik begin met die ondersoek wat hulle na Wolmaransstad gelei het waar die verdagte weggekruip het.

Die vuurwapen wat gebruik is om die misdaad te pleeg, is teruggevind saam met 15 9mm patrone, drie skootgeweerrondtes, twee messe en klere met bloedvlekke.

Die gekaapte voertuig is ook verlate deur die Wolmaransstad-polisie gevind.

Potgieter is skuldig bevind en 20 jaar direkte gevangenisstraf opgelê weens poging tot moord en kaping.

Die waarnemende provinsiale hoof vir georganiseerde misdaad, kolonel Clayton Du Plooy, het die vonnis verwelkom en die ondersoeker, sers. Stefaans Mangate, geloof vir die ywerige werk wat verseker dat geregtigheid geskiet het.

“Geen klip sal onaangeroer gelaat word om te verseker dat alle misdade wat die veiligheid van gemeenskappe en hul eiendomme bedreig, ondersoek word en dat oortreders voor die gereg gebring word soos deur die Grondwet van ons land vereis nie,” het Du Plooy gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.