Vrou los baba by taxi-staanplek

"'n Rukkie later het die skoonmaker opgemerk dat die onbekende vrou die toilet verlaat het sonder die baba."

0

Die Kuruman FCS-eenheid soek die hulp van die publiek om die ma van ‘n 4 dae oue babaseuntjie op te spoor wat Sondagaand, 7 November 2021 in ‘n toilet by die Kuruman-taxistaanplek gevind is.

Daar word beweer dat ‘n  skoonmaker ‘n ma met ‘n baba by die toilet sien ingaan het.

‘n Rukkie later het die skoonmaker opgemerk dat die onbekende vrou die toilet verlaat het sonder die baba.

(v) Kolonel Mashay Gamieldien, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder het bevestig dat sy het ondersoek gaan instel en die babaseuntjie sonder toesig in die toilet gevind en die ma vermis.

Die skoonmaker het die baba na die Kuruman-polisiestasie geneem.

Die baba is na die Kuruman-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

“’n Saak van kindverlating word ondersoek deur die Kuruman FCS. Die ondersoekbeampte, konstabel Precious Schoeman versoek die hulp van die publiek om inligting te verskaf wat kan lei tot die aanhouding en arrestasie van die ma. Sy kan gekontak word by 053-7129852 of via die MYSAPS App,” het kolonel Gamieldien gesê.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.