Tabakverbod: Misdadigers Of Eerlike Burgers?

0

SUID_AFRIKA – “Dit was duidelik dat rookers aanhou rook het, sedert tabakverkope laat in Maart, ingevolge die afsonderingsregulasies, opgeskort is. Nou koop hulle egter sigarette teen hemelhoё pryse, deur ingewikkelde misdaadnetwerke, wat tot R100 miljoen per dag verdien.” sê Yusuf Abramjee.

Abramjee, ‘n aktivis en stigter van Tax Justice SA (TJSA), het ’n verklaring by die Kaapstadse hooggeregshof ingedien, ter ondersteuning van die British American Tabacco South Africa (Batsa) se poging om die verbod op die verkoop van tabakprodukte, ter syde te stel.

Die saak sal na verwagting Woensdag en Donderdag vandeesweek aangehoor word.

Abramjee meen dat die saak gaan bepaal of mense wat in die tabakbedryf werk of daarop staatmaak vir ’n inkomste, gaan oorleef òf misdadigers gaan aanhou ryk word.

“Meer as R4,5 miljard het reeds verlore gegaan, terwyl kinders honger ly.  Duisende betaamlike werkers het ook hul werke verloor.” sê Abramjee.

Die Fair-Trade Independent Tabacco Association (Fita SA) het ook vroeёr sy saak teen die staat in die hooggeregshof verloor.

Fita SA het verlede Vrydag hofstukke ingedien, sodat die besluit deur die hooggeregshof appeleer kan word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.