Teen-alkohol veldtogte skop af in Namakwa-distrik

0

Die adjunkministers van handel, nywerheid en mededinging, me. Nomalungelo Gina en mnr. Fikile Majola, sal die nasionale veldtog teen alkohol- en dwelmmisbruik in die Namakwa-distrik begin.

Die Namakwalandse-kamer sal vandag om 10:30 afskop.

Die twee adjunkministers word vergesel deur die uitvoerende burgemeester van die Namakwa-distriksmunisipaliteit, raadslid Mervin Cloete en die LUR vir landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling, me. Galerekwe Mase Manopole.

Die tema van die veldtog is: “Die bestryding van alkoholmisbruik is almal se besigheid.”

Gina is ook die ‘kampioen’ van die distriksontwikkelingsmodel vir die Namakwa-distriksmunisipaliteit.

Volgens Gina is die doel van die nasionale veldtog om die burgers van die land op te voed, en bewus te maak van die nadelige gevolge van drank- en dwelmmisbruik, veral gedurende die feestyd.

“Tydens die feestyd neem alkoholmis- en verbruik van jaarliks toe, veral onder jongmense.”

Alkohol is een van die sosiale probleme wat ons gemeenskappe terugtrek, verwoesting saai in gesinstrukture, geslagsgebasseerde geweld (GBV) laat voortbestaan, en ook bydra tot werkverliese en noodlottige padongelukke.

“Terwyl ons daarna streef om die ekonomie op te bou en werk te skep, moet ons drank- en dwelmmisbruik uitroei, terwyl ons vaardigheidsontwikkeling moet verskerp,” sê Gina.

Sy voeg by dat die bekendstelling ook gebruik sal word, om die plaag van geslagsgeweld tydens die 16 dae van aktivisme veldtog vir geen geweld teen vroue en kinders, te stuit.

Gina sê die jaarlikse nasionale veldtog is vanjaar nog belangriker, aangesien die COVID-19-pandemie vereis dat al die burgers van die land ernstige protokolle moet nakom, soos om maskers te dra, sosiale afstand te hou en hul hande konsekwent te was.

“Ons is midde-in ‘n gevaarlike en dodelike pandemie, wat ‘n verwoestende sosio-ekonomiese impak op die land gehad het.”

“Dit is dus vir ons as die regering belangrik om ons pogings te verbeter, om ons mense teen drank- en dwelmmisbruik te waarsku en beskerm.”

“Ons moet bewusmaking doen oor die gevare wat volg as die protokolle ignoreer word, en deel te neem aan byeenkomste soos partytjies, wat bevestig dat dit superverspreiders van die virus is,” sê Gina.

Sy voeg by dat die feestyd die tyd is wanneer die meeste lede van die publiek, veral jong mense, oormatig en onverantwoordelik alkohol gebruik, onder die voorwendsel om pret te hê en fees te vier.

“Ongelukkig is dit die tyd van die jaar waarin baie mense sterf as gevolg van padongelukke en verskillende vorme van geweld, en alkoholmisbruik sal ‘n gemene bydraer in hierdie voorvalle wees.”

Dit is ook jammer dat COVID-19-infeksies ook sal toeneem in situasies waar mense in groot getalle bymekaarkom, en protokolle soos sosiale afstand en die dra van maskers ignoreer.

Ons glo dat die nasionale veldtog ‘n groot bydrae sal lewer tot die afname in drank- en dwelmmisbruik in die land, en dat mense hul feestyd saam met hul gesinne sal geniet, sonder enige slagoffers en sonder om COVID-19 te versprei,” sê Gina.

Die veldtog sal ook gebruik word as ‘n platform om boodskappe aan drankhandelaars oor te dra, wat geneig is om hul lisensiëringsvoorwaardes gedurende hierdie tyd van die jaar te oortree, deur hul handelsure te oorskry en alkohol aan minderjariges en reeds besope mense te verkoop.

Gina sal ook die plaaslike munisipaliteite van Khai-Ma en Nama Khoi, op Dinsdag 08 Desember besoek, om Kersfees-pakkies aan behoeftiges van die gemeenskappe te versprei.

Leave A Reply

Your email address will not be published.