Theron moedig luisteraars aan om te stem

"Radiopersoonlikheid Richard Theron, omroeper van die ontbytprogram op Radio Nfm, moedig die luisteraars aan om hul stem vandag uit te bring."

0

Heelwat kiesers staan reeds in lang rye by stemlokale regoor die Nama Khoi-regsgbeid.

Selfs die ligte reën wat oor die gebied uitgesak het nie kiesers  gekeer om hul stem uit te bring nie.

Vandag vind die plaaslike munisipale verskiesings landswyd plaas.

Radiopersoonlikheid Richard Theron, omroeper van die ontbytprogram op Radio Nfm, moedig die luisteraars aan om hul stem vandag uit te bring.

Theron vertel: ”Ek het vroeg vanoggend opgestaan om te gaan stem by die stemlokaal in die  Concordia se gemeenskapsaal. Ek en my broer was eerste in die lyn vanoggend om te stem.

Theron moedig die gemeenskap aan om hul stem te laat hoor deur hulle stemme uit te bring.

“Ek sê altyd as jy nie stem nie, dan het jy nie ‘n sê nie. Ten minste het jy genoeg tyd gehad. Nfm se debat was daar, jy kon jou keuse gemaak het vir watter party jy ookal wil stem,” het Theron gesê.

Die omroepers op die klankgolwe van Nmf is A-polities, maar as individue het elkeen sy party vir wie hulle  gaan stem.

Leave A Reply

Your email address will not be published.