Tien jaar tronkstraf vir poging tot verkragting

0

Bennett Ruiter is skuldig bevind en tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot verkragting deur die Springbok-streekhof.

“Op 30 Desember 2020 het Bennett ‘n 58-jarige vrou op Buffelsriver in die bosse in gesleep in ‘n poging om haar te verkrag,” sê ’n polisiewoordvoerder Kolonel Mashay Gamieldien.

Op die dag van die voorval het die slagoffer glo daarin geslaag om los te breek en te vlug.

Sy het die voorval by die polisie in Kommagas aangemeld en Bennett is aangekeer.

Twee van die tien jaar is egter opgeskort

Leave A Reply

Your email address will not be published.