Tiener terug in hof ná moord op 18-jarige

0

‘n 16-Jarige seun in die Noord-Kaap, sal weer vandag in die Pampierstad-landdroshof verskyn.

Die tienerseun word daarvan beskuldig dat hy ‘n 18-jarige seun onthoof het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi, het gesê die tienerseun sal na verwagting aansoek doen vir regsverteenwoordiging.

Die tiener, wie se naam nie bekend gemaak kan word nie aangesien hy minderjarig is, word formeel aangekla vir die moord op Lucky Maxambele (18).

Maxambele se lyk is op 13 September in ‘n waterpyp buite die dorp gevind, terwyl sy kop onder ‘n bed in ‘n kous versteek, gevind was.

“Die 16-jarige verdagte, is ná die ontdekking van Maxambele se kop, in hegtenis geneem.”

Mooi sê die beskuldigde het verlede week ‘n mediese evaluering ondergaan.

Geen verdere arrestasies is tot dusver gemaak nie.

Die oorsaak van die moord is op hierdie stadium nog onbekend en die polisie vra dat enieiemand met inligting, asseblief na vore moet kom.

“Die polisie versoek dat enigiemand wat inligting oor hierdie voorval het, die stasiebevelvoerder kontak by 082 822 3077 of die Crime Stop Line by 08600 10111. Alle inligting wat ontvang word, word as vertroulik beskou,” het Mooi gesê.

Die polisie se ondersoeke duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.