Toename in positiewe Covid-19 gevalle vir die Noord-Kaap

Die Nama Khoi regsgebied het 10 nuwe gevalle bevestig.

0

In die jongste verslagtydperk van 24-uur, het die minister van gesondheid dr. Zweli Mhkize aangekondig dat 30 nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

Die 30 nuwe gevalle wat aangemeld is, was geallokeer vir die Nama Koi regsgebied (10), Khai Ma (6), Hantam (12) en Richtersveld (2).

“Die totale Covid-19 gevalle vir die Nama Khoi regsgebied is 1 795, maar 592  persone het alreeds van Covid-19 herstel.”

14 Sterftes is tot op hede bevestig.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 1 189 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die Namakwa distrik het tot op hede 3 107 gevalle van die virus bevestig, en 1 151 genesings.

17 Persone het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 1 939 aktiewe Covid-19 gevalle.

Die Minister van Gesondheid het ‘n bykomende 238 mense aangekondig, wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Dit bring die provinsie se kumulatiewe aantal bevestigde gevalle op 31 387 te staan.

In die jongste verslagperiode het ZF Mgcawu die hoogste aantal positiewe gevalle aangeteken (71), gevolg deur Frances Baard (68), Pixley ka Seme (39), Namakwa (30) en JT Gaetsewe (28).

Sewe (7) addisionele sterftes wat verband hou met COVID-19 is aangemeld, waarvan drie (3) die afgelope 72 uur plaasgevind het, terwyl die res vandeesmaand voorgekom het.

Met hierdie nuwe sterftes, is die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens COVID-19-komplikasies nou op 560.

Die aantal aktiewe gevalle in die provinsie  is 3 798 en die aantal genesings  het toegeneem tot 27 027 wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 86%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.