Toename van Kovid-10 kommerwekkend in Namakwa

"Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (76), Kamiesberg (42), Karoo Hoogland (14), Hantam en  Richtersveld ses onderskeidelik elk, en Khâi Mai (3)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 147 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (76), Kamiesberg (42), Karoo Hoogland (14), Hantam en  Richtersveld ses onderskeidelik elk, en Khâi Mai (3).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 12 345, die sterftesyfer is 120, met 10 268 genesings en diè distrik het 1 957 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 377 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 84 585.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 021.

Sowat 75 179 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 383 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.