Toerisme beloof om Noord Kaap-ekonomie te bevorder

"Die rede daarvoor is om die toerismebedryf te bevorder en te wys wat die provinsie te bied het vir toerisme."

0

Aangesien September algemeen bekend staan as die Toerismemaand, sê die Noord-Kaapse provinsie dat alles op hande is om binnelandse toere te bevorder.

Die LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Abraham Vosloo, het aan OFM nuus gesê, dat hulle ‘n week lange besoek aan verskeie dele van die provinsie sal onderneem.

Die rede daarvoor is om die toerismebedryf te bevorder en te wys wat die provinsie te bied het vir toerisme.

Vosloo bevestig dat hierdie bedryf steeds swaar getref word deur die KOVID-19-pandemie, en baie ondernemings sukkel steeds om gelyk te breek.

Hy bevestig in ‘n onderhoud met OFM Nuus dat sy departement saam met die kantoor van die Premier en die Noord-Kaapse toerisme-owerheid hard aan die werk is om te verseker dat die bedryf ontwikkel en ‘n bydrae lewer tot die provinsie se ekonomiese groei.

Die jongste kwartaallikse arbeidsmagopname (QLFS) skets ‘n donker prentjie van werkverliese in die bedryf, en baie mense doen ‘n beroep op die nuwe minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, om die toerismebedryf te laat herleef om werk te bevorder.

Leave A Reply

Your email address will not be published.