Top 5 maak ‘n verskil in hul gemeenskap

“Dit het ons laat opspring van vreugde en kon Suster Nonnie Bock dadelik met uitreikings begin, het die Top 5 gesê.

0

‘n Groep afgetrede sokkerspelers uit die Wes-Kaap, uit verskillende woonareas doen jaarliks ‘n projek rondom behoeftige gemeenskappe.

Mnr. Reagon Pieterse verbonde aan Hoërskool Steinkopf wat destyds betrokke was by hulle, het die Top 5 op Steinkopf, wat uitreik om die betrokke gemeenskap te help met hul uitdagings.

Pieters het die pleidooi raak gelees van die organisasie en dit aan sy familie aangestuur.

Op Maandag, 1 November het hulle die groep afgetrede Wes-Kapenaars die Top 5 verras met 5 voertuie vol klere, skoene, beddegoed, gordyne asook speelgoed vir kinders.

“Dit het ons laat opspring van vreugde en kon Suster Nonnie Bock dadelik met uitreikings begin, het die Top 5 gesê.

Die dankbaarheid van families en die vreugde op kindergesiggies was onbeskryflik en dit was blywend vir die organisasie wat donasie gedoen het.

“Ons kan net alle lof en eer aan ons Hemelse Meester gee vir mense met sulke oop harte” het Pieters gesê.

Nuwe familiebande is ook daardeur gesmee, het Me. Catherine Britz, ondervoorsitter van die  Top 5, gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.