Trio vas vir die onwettige besit van kreefsterte

0

WARRENTON – Drie verdagtes is vroeg vanoggend in hegtenis geneem nadat hulle in besit gevind was met kreefsterte, sonder ‘n permit.

‘n Woorvoerder van die polisie, Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi, het besvestig dat Kaptien Van Bosch en Sersant Mosala van die Francis Baard-distrikstaakspan, in die vroeë oggendure patrollies op die N12 gedoen het.

Die polisie het ‘n voertuig met ‘n hoë snelheid opgemerk en suksesvol tot stilstand gebring en deursoek.

Drie manlike insettendes was in die voertuig en twee groot koelbokse met kreefsterte binne.

Die verdagtes kon nie ‘n permit vir die vervoer van die kreefsterte verskaf nie.

Mooi sê die drie verdagtes is onderskeidelik 22-, 25- en 43-jaar oud en is in hegtenis geneem weens die besit van bedreigde spesies, sonder ‘n permit.

“Die beraamde waarde van die kreefsterte, beloop R6 000.”

Die drie verdagtes sal na verwagting binnekort voor die landdroshof op Warrenton verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.