Trok tref huis, drie sterf

"Volgens bewerings het die swaar gelaaide vragmotor ‘n woning getref  wat gelei het tot die dood van 'n gesin, waaronder die pa, ma en 'n twee maande oue baba wat in die Postmasburg hospitaal dood is."

0

Die polisie in Postmasburg ondersoek ‘n saak van strafbare manslag na ‘n ongeluk wat op Maandag, 27 September 2021, omstreeks 14h50 in Marantheng informele woonbuurt in Postmasburg  plaasgevind het.

Volgens bewerings het die swaar gelaaide vragmotor ‘n woning getref  wat gelei het tot die dood van ‘n gesin, waaronder die pa, ma en ‘n twee maande oue baba wat in die Postmasburg hospitaal dood is.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om (v) Kapt Anna De Bruin te kontak by 053-31 39318.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Navrae

Kapt Anna De Bruin

W/O Nomvuyo Makoloi

0824543559

Leave A Reply

Your email address will not be published.