Troospakkies oorhandig aan verkragtingslagoffers

"Die seuns is slagoffers van beweerde verkragtings."

0

Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, SAPD se forensiese maatskaplike werkers en Matla A Bana-stigting het op 24 November 2021 ‘n aanbiedingseremonie in Phillistown gehou.

Kaptein Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewordvoerder, het bevestig dat Adjudant-Offisier Valery Booysen van die FCS-eenheid in Philipstown het die span gelei wat troospakkies aan seuns tussen die ouderdomme 10 en 13 jaar oorhandig het.

Die seuns is slagoffers van beweerde verkragtings.

“Kaptein Ulla Spies, die SAPD forensiese maatskaplike werker en Phillipstown Stasiebevelvoerder, Adjudant Offisier D. Pietersen was deel van die afvaardiging wat Matla A Bana geborgde troospakkies wat bestaan uit toiletware, klere en speelgoed oorhandig het.

Die kollektiewe span het ook die kinders bederf met partytjiepakkies vir die soettand.

Kaptein Kock het gesê dat die uitreik is gedoen onder die 16 dae van aktivisme-tema: “Die jaar van Charlotte Mannya Maxeke- 16 dae van aktivisme – beweeg van bewustheid na aanspreeklikheid”.

Leave A Reply

Your email address will not be published.