Twaalf nuwe Covid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

Die dodetal bly onveranderd op 14.

0

In die jongste verslagtydperk van 24-uur, het die minister van gesondheid Dr. Zweli Mhkize aangekondig dat 12 nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

Die 12 nuwe gevalle wat aangemeld is, was geallokeer vir die Nama Koi regsgebied (4), Khai Ma (2),  Hantam (5) en Karoo Hoogland (1).

Die totale Covid-19 gevalle vir die Nama Khoi regsgebied is 1 875, maar 789  persone het alreeds van Covid-19 herstel.

Die dodetal bly onveranderd op 14.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 1 072 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die Namakwa-distrik het tot op hede 3 313 gevalle van die virus bevestig, en 1 545 genesings.

17 Persone het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 1 751 aktiewe Covid-19 gevalle.

Die Minister van Gesondheid het aangekondig dat nog 110 mense in die Noord-Kaap positief vir COVID-19 getoets het, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie tot op 32 184 te staan ​​bring.

“In die jonsgte verslag het Frances Baard die meeste nuwe positiewe gevalle (38) aangeteken, gevolg deur JT Gaetsewe (20), ZF Mgcawu en Pixley ka Seme, albei met 19, en Namakwa (12).”

Met die nuwe sterftes, staan ​​die totale kumulatiewe sterftes in die provinsie weens Covid-19-komplikasies nou op 595.

Die aantal aktiewe gevalle in die provinsie staan ​​op 3 486, en die aantal genesings het toegeneem tot 28 101 met ‘n herstelkoers van 87%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.