Twee buitelanders vas vir dwelmhandel

0

Die Kimberley-polisie, tesame met die Kimberley honde-eenheid het vroeër vandeesweek twee buitelandse mans in hegtenis geneem, op klagtes van dwelmhandel.

Twee buitelandse dwelmhandelaars is by ’n huis, in Pullingerstraat, in Beaconsfield, in Kimberley vasgetrek.

Die verdagtes is 33- en 38-jaar oud onderskeidelik.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het bevestig dat die lede tik in die huis en die voertuig se sontoesighouer ontdek het.

“Die dwelms het ’n beraamde straatwaarde van R74 058.”

Die polisie het beslag gelê op kontant, vermoedelik uit die oprengs van die verkoop van dwelms, en ’n silwer Datsun-voertuig.

Die verdagtes is in hegetnis geneem en verskyn na verwagting binnekort in die Kimberley-landdroshof.

Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.