Twee dwelmhandelaars vas op Keimoes

0

Twee mans is op Vrydag 11 Junie op Lennertsville in Keimoes in hegtenis geneem vir die onwettige handel in dwelms.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, sê die polisie was besig om te patrolleer toe hulle inligting oor dwelmhandelaars op Lennertsville ontvang het.

“Die lede het die inligting opgevolg wat hulle na ‘n huis in Khayalitsha-straat gelei het,” sê Gamieldien.

Die polisie het die huis deursoek en 337 heel mandrax-tablette, 272 kwart tablette en 3 678 kg dagga gevind.

Die geskatte straatwaarde van die mandrax is R 24 500 en die dagga is R 5 000.

Twee mans van 31 en 24 jaar is in die huis gevind en in hegtenis geneem.
Die twee verdagtes is aangekla vir die handel in dwelms en sal binnekort in Keimoes landdroshof verskyn.

Die polisie ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.