Twee geboei vir die vervoer van R83 000 se dagga

0

Die polisie op Olifantshoek, tesame met Upington se polisie-span, asook die speurdiens, het op Dinsdag, 25 Augustus twee verdagtes aangekeer, nadat hulle met ‘n groot hoeveelheid dagga gevang is.

Die polisie het vroeër die week inligting ontvang oor ’n voertuig wat dagga vanaf Kuruman na Kakamas vervoer.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatsheba het bevestig dat die polisie die voertuig, op Olifantshoek gestop en deursoek het.

“Die polisie het dagga ter waarde van R83 000 in besit van die twee verdagtes gevind.”

Die twee verdagtes van 34- en 51- jaar oud is onmiddelik in hegtenis geneem.

Ramatseba sê die Olifantshoek-polisie ondersoek ’n saak van dwelmhandel.

Beide verdagtes sal na verwagting binnekort voor die landdroshof op Olifantshoek verskyn, op klagtes van dwelmhandel.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.