Twee gesteelde voertuie op Hopetown terug gevind

0

Die polise in Hopetown buite Kimberley  het op 14 Augustus 2021 ’n wenk ontvang  van ’n  gesteelde voertuig op die  N12-pad.

’n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Dimakatso Sello, sê die Hopetown-skoflede is na die Nasionale pad ontplooi om op die uitkyk te wees vir die voertuig.

“Speurder Kapt JJP Pelzer het in die teenoorgestelde rigting gery met ‘n ongemerkte voertuig, toe hy besef het dat daar ‘n ander voertuig ook betrokke was,” het Sello gesê.

Die twee voertuie is gestop en na Hopetown SAPD gebring vir verdere ondersoek, waar vasgestel is dat een voertuig by Atteridgeville gesteel is en die ander een in Boksburg.

Twee sake vir die besit van vermoedelik gesteelde voertuie is ge-open.

Vier mans van onderskeidelik 23, 27, 48 en 53 jaar oud is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Hopetown-landdroshof verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.