Twee in hegtenis vir Pofadder-hoteleienaar se moord
Twee verdagtes is gister in hegtenis geneem in verband met die moord op die Pofadder-hoteleienaar, Leon Brits, wie se liggaam vroeër hierdie maand in ‘n swembad aangetref is.
Die oorledene, wat die eienaar van Pofadder Hotel was, is op 7 Oktober 2020 op Pofadder doodgesteek.
Die waarnemende provinsiale kommissaris-generaal, Phiwe Mnguni, het die ondersoekspan toegejuig wat gelei het tot die arrestasie van die verdagtes.
“Een verdagte (37) is op Piketberg in die Wes-Kaap in hegtenis geneem, terwyl ‘n 34-jarige verdagte op Kathu, in die John Taolo Gaetsewe-distrik, vasgetrek was.”
Albei verdagtes sal na verwagting op Maandag, 19 Oktober, voor die Pofadder-landdroshof verskyn.
Die polisie se ondersoeke duur voort.