Twee in hof vir bedreigde plantspesies

0

Twee verdagtes sal vandag in die Springbok-landroshof verskyn, nadat hulle in besit gevind was van bedreigde plantspesies.

Die duo is Sondagoggend in die vroeë oggendure in hegtenis geneem.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die verdagtes was in besit van conophytum pageae gevind.

Op Springbok en omliggende areas staan die plantspesies bekend as ‘knoppieplante’.

“Die bedreigde plantspesies word waardeer op R200 000.”

Ramatseba het bygevoeg dat die voertuig waarin hulle gery het, ook gekonfiskeer was.

Die polisie-ondersoeke duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.