Twee Kuruman polisiebeamptes bly in aanhouding

"Sersant Monageng Joy Makoke (37) en Konstabel Walter Setidisho (31) het in die Mothibistad -streekhof verskyn op aanklagte van gewapende roof, twee aanklagte van poging tot moord en ontvoering."

0

Sersant Monageng Joy Makoke (37) en Konstabel Walter Setidisho (31) het in die Mothibistad -streekhof verskyn op aanklagte van gewapende roof, twee aanklagte van poging tot moord en ontvoering.

‘n Valke woordvoerder, Luitenant-Kolonel Philani Nkwalase het bevestig dat die duo is Maandagoggend in hegtenis geneem deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad -ondersoekspan met die hulp van die Taktiese reaksie span en Misdaadintelligensie.

Die amptenare verbonde aan Kuruman se misdaadvoorkomingseenheid was na bewering betrokke by ‘n sindikaat wat tussen Julie en Augustus 2020 die aflosbare blou ligte van die polisie gebruik het om motoriste te stop, hulle kontant, selfone en ander waardevolle besittings op die N14 naby Kuruman beroof het.

“Die saak is in Augustus 2020 na die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan verwys nadat klagtes by die plaaslike polisiekantoor aangemeld is. Die Valke ondersoek het onthul dat die vermeende oortreders lede van die Suid -Afrikaanse Polisiediens was. Tydens hul arrestasie is beslag gelê op ‘n wit Volkswagen Polo, wat na bewering in die misdaad gebruik is”, het Luitenant-Kolonel Nkwalase gesê.

Die span van die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad ondersoekspan doen ‘n beroep op ander motoriste en moontlike slagoffers wat moontlik dieselfde ondervind het, moet die ondersoekbeampte, Itumeleng Nogaga, skakel by 071 481 2754, aangesien die verdagtes moontlik by ander soortgelyke misdrywe betrokke was.

Die saak teen die duo is uitgestel na die 28 September 2021 vir ‘n formele borgtogaansoek.

Meer arrestasies is op hande.

Leave A Reply

Your email address will not be published.