Twee mediese dokers aandiens aangeval deur pasiënt

"Die twee mediese dokters herstel goed en kry sielkundige ondersteuning."

0

Die waarnemende departementshoof, Mnr Riaan Strydom, het gisteraand (19 September 2021) die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal besoek om met die personeel aan diens te ontmoet.

Dit het gevolg na ‘n  steekvoorval wat by die hospitaal plaasgevind het, waarby twee mediese dokters betrokke was.

Volgens die voorlopige verslag wat ontvang is, het ‘n bekende manlike pasiënt wat geneig is tot dwelmmisbruik ‘n epileptiese aanval gehad, terwyl hy in die ongevalle-afdeling behandel is.

Die pasiënt het mondelings aggressief teenoor die personeel geraak, wat gelei het tot die steek van die twee vroulike dokters.

Die veiligheidsbeamptes het die aggressiewe pasiënt onderdruk en dokters het sedasie toegedien.

Die twee mediese dokters herstel goed en kry sielkundige ondersteuning.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het vinnig gereageer en beslag gelê op die wapen wat in die beweerde voorval gebruik is.

Die gesondheidsdepartement in die Noord-Kaap sal voortgaan om nou saam met die SAPD te werk om hierdie aangeleentheid te hanteer.

Die departement sal met veiligheids-en sekuriteitsbevoordeling vir pasiënte en personeel by alle gesondheidsfasiliteite doen.

Die departement sal ook bykomende metaalverklikkers by alle gesondheidsorgfasiliteite installeer.

Uitgereik deur die Noord -Kaap departement van gesondheid

Leave A Reply

Your email address will not be published.