Twee nominasies vir Radio Nfm in die Noord-Kaap

"Radio NFM saai uit in vier tale onder andere: Afrikaans, Engels, IsiXhosa en Nama."

0

Met Radio Nfm wat die jaar hul 18de bestaansjaar vier het die stasie ook sy jaarlikse erkenning as Gemeenskapsradiostasie.

Vir jare maak Nfm seker dat die luisteraar ingelig, opgevoed, bemagtig en vermaak word.

Radio NFM saai uit in vier tale onder andere: Afrikaans, Engels, IsiXhosa en Nama.

Soos by vele luisteraars verneem word bly hul radios permanent aangeskakel.

Deur ingeskakel te bly op Nfm, bly hulle op hoogte van wat alles in die uitsaaigebiede plaasvind vanaf Godsdiens soggens en saans tot nuus en aktuele sake.

Gemeenskapslede se lewens was al deur verskeie programme verander.

Die stasie is bevoorreg om genomineer te word vir die tweede keer in die kategorie as Beste radiostasie in die Noord-Kaap by die Noord-Kaap Toekennings.

Dit gaan plaasvind by die Mittah Seperepere Konferensie Sentrum in Desember, wat beloof ‘n glansgeleentheid te wees.

Om die titel te kan wen, moet die luisteraar teksboodskappe (SMS’e) instuur om te verseker dat Radio NFM met die gesogte titel kan wegstap.

Die stemme moet gestuur word na 47152 met die nommer 212.

Zebulon Ricardo is genomineer in die kategorie as Beste Radio Persoonlikheid.

Hy is een wat nooit kan stilsit, soos die gesegde sê dat “hy rooimiere in sy broek het.”

Sy hart is oop vir die luisteraars en sal alles in sy vermoë doen om te help waar hy kan.

Met sy sprankelende persoonlik en oop hart, het hy deur die jare in die harte van mense ingekruip.

Hy is ‘n raakvatter en altyd gewillig om te gaan waar hy oral gestuur word.

Sy liefde vir sy ma is wat hom so besonder maak.

Hy sê altyd sy ma bid vir hom en dat hy sy laaste saam sy ma sal deel.

Hierdie jongman het ‘n liefde vir diere en wanneer hy met jou praat maak hy altyd melding van sy honde, Zita en Panda.

Stem vir Zebulon Ricardo deur 219 na 17152 te sms.

Leave A Reply

Your email address will not be published.