Twee nuwe COVID-19 gevalle in Nama Khoi bevestig

0

Die Minister Van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gister twee nuwe gevalle van COVID-19, vir die Nama Khoi regsgebied bevestig.

Die Nama-Khoi regsgebied het tot op hede 411 gevalle van die virus bevestig.

250 Persone het ten volle herstel van COVID-19.

“Die Nama-Khoi regsgebied het 156 aktiewe gevalle van die koronavirus.”

Jongste COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.

Die Minister het nog 104 mense aangekondig, wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Dit bring die kumulatiewe totaal, op 21 560 positief bevestigde gevalle te staan.

Die provinsie se totale aantal herstellings staan tans op 17 811.

“Ongelukkig het 262 persone, weens COVID-19 in die provinsie gesterf, nadat nog 6 sterftes in die jongste verslag aangemeld was.”

Dit laat die Noord-Kaap met 3 485 aktiewe gevalle van die virus en ‘n herstelkoers van 83%.

Jongste COVID-19 statistieke in Suid-Afrika.

In Suid-Afrika was daar 1 863  nuwe gevalle bevestig, wat die totaal bevestigde gevalle op  719 714 te staan bring.

Die land se dodetal het 19 111 bereik, nadat 58 nuwe COVID-19 verwante sterftes bevestig was.

Die herstelsyfer het intussen tot 648 654 gestyg.

Leave A Reply

Your email address will not be published.