Twee nuwe COVID-19 verwante sterftes in die Noord-Kaap aangekondig

0

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mhkize, het nog twee COVID-19 verwante sterftes in die Noord-Kaap bevestig, wat die dodetal op 29 te staan ​​bring.

Die department het hul medelye aan die families betoon en die gesondheidswerkers bedank wat die pasiënte verpleeg het.

‘n 76-Jarige man van die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit en ‘n 82-jarige man van die Umsobomvu Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik het onlangs omgekom as gevolg van die virus.

Die totale aantal mense wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap het toegeneem van 3 389 tot 3 600, waarvan 1 223 van die virus genees is en 29 oorlede is.

Dit laat die provinsie met 2 346 aktiewe gevalle van die virus.

194 Addisionele positiewe gevalle is in die voorafgaande 24 uur aangekondig.

23 Persone wat voorheen aan ander provinsies toegewys is, is onlangs aan die Noord-Kaap toegewys.

6 Persone is voorheen verkeerdelik aan die Noord-Kaap toegewys en is aan ander provinsies herverdeel.

Die totale COVID-19 gevalle in die Namakwa distrik is 112, nadat 2 nuwe gevalle in diè distrik bygevoeg is.

Hantam het 36 gevalle, Kamiesberg- 1, Karoo Hoogland- 4, Khâi-Ma- 15, Nama Khoi- 40 en die Richtersveld het 16.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.