Twee tydelike SASSA-toelaes verstryk einde Desember

0

“Die tydelike ongeskiktheids- en sorgtoelaes vir kinders wat tussen Februarie en Desember 2020 agtien geraak het, sal op 31 Desember verstryk.”

Dit is volgens hoof van kommunikasie by die Suid-Afrikaanse maatskaplike sekerheidsagentskap (SASSA), Inno Khuno het bevestig dat die Minister van maatskaplike ontwikkeling, Thoko Didiza hierdie toelaes tot einde vanjaar verleng het.

“Dit kom nadat die nasionale grendelstaat dit moeiliker gemaak het vir landsburgers om werk te kry, en besighede wat as gevolg van die COVID-19 pandemie, baie werkers moes aflê”, het Khuno gesê.

Sy het bygevoeg dat as inwoners steeds nie bevoeg genoeg is om terug te gaan werk toe nie, word aangeraai om hul naaste SASSA-kantoor te besoek vanaf 5 Januarie 2021, vir ‘n heraansoek.

Khuno het bygevoeg dat versorgers van kinders, wie se sorgafhanklikheidstoelae op 31 Desember verval, ook aangeraai word om op bogenoemde datum hul naaste SASSA-kantoor te besoek, om aansoek te doen vir ‘n ongeskiktheidstoelaag vir jong volwassenes.

Khuno het bygevoeg dat alle COVID-19 veiligheidsmaatreëls, soos die dra van maskers, gereelde sanitering van hande, screening, sowel as sosiale distansiëring, die veiligheid van kliënte en SASSA-personeel sal verseker.

SASSA volg al vanaf die begin van die staatsinperking, alle COVID-19 veiligheidsmaatreëls, baie deeglik en noukeurig.

Leave A Reply

Your email address will not be published.