Twee vas op Upington vir gewapende roof

0

Die nag van 30 Julie 2019 het drie mans by ‘n vulstasie ‘n gewapende rooftog uitgevoer.
‘n Woordvorder vir die polisie, Sersant Omphile Masegela, bevestig dat die drie mans die kassier wat aan diens was beroof het.
“Hulle het kontant uit die kasregister gehaal en ‘n selfoon va die vroulike kassier gesteel,” se Masegela.
Die drie verdagtes is geïdentifiseer deur middel van CCTV beeldmateriaal en is later in hegtenis geneem.
Kamogelo Prusent (20) en Ronald Andreas (25) is op Maandag 31 Mei in Upington streekhof tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis op aanklag van gewapende roof.
Die derde verdagte se saak is nog hangende vir verdere ondersoeke.

Leave A Reply

Your email address will not be published.