Twee vas vir besit van dagga

0

Die Frances Baard Distrik Taak-span het inligting ontvang oor dwelmhandelaars wat dagga by ‘n perseel in Greenpoint in Kimberley versteek.

Die polisie het ‘n lasbrief vir die geïdentifiseerde perseel bekom.

’n Polisiewoordvoerder, Kaptein Tessa Jansen, sê met die hulp van CICC en Fedility/ADT Security-maatskappy is die perseel deursoek en sakke vol dagga gevind wat altesaam 267,50kg weeg met ‘n straatwaarde van R1 337 500-00.

“Kontant wat glo uit die verkoop van dagga gegenereer is, is ook gekonfiskeer,” sê Jansen.

Twee manlike verdagtes is in hegtenis geneem en aangekla vir die hantering van dagga.

Die verdagtes verskyn na verwagting vandag, 25 Oktober in die Kimberley-landdroshof.

Leave A Reply

Your email address will not be published.