Tweede golf van COVID-19 infeksies tref Suid-Afrika

0

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het gister aangekondig dat Suid-Afrika amptelik deur ‘n ‘tweede golf’ van koronavirusinfeksies getref is – en dat ‘n toename in gevalle nie meer beperk is tot brandpunt-gebiede nie.

Tydens ‘n mediakonferensie gisteraand, het Mkhize gesê dat vier provinsies die belangrikste dryfvere vir hierdie nuwe golf is:

  • Die Oos-Kaap,
  • Die Wes-Kaap,
  • KwaZulu-Natal en
  • Gauteng.

Mkhize het gesê dat die grootste toename hierdie week, hoofsaaklik in die Oos- en Wes-Kaap opgemerk was.

“Ons jongste statistieke bevestig egter dat die land nou in ‘n tweede golf van COVID-19 infeksies verkeer.”

“Ons kyk na die aantal toetse wat gedoen is, die positiwiteitskoers, die aantal positiewe gevalle, die aantal mense wat opgeneem is en die aantal sterftes.”

Die Minister van Gesondheid het bygevoeg dat Suid-Afrika se daaglikse infeksietal, óók die 6000-kerf oortree het, nadat 6 709 nuwe gevalle die afgelope 24 uur aangemeld is.

Mkhize het gesê dat die ouderdomsverdeling van infeksies ook ‘n ander patroon toon.

“Die ouderdomsgroepe tussen 15-19 jaar, het die grootste styging in gevalle gedurende die afgelope twee dae getoon.”

Mkhize het gesê dat die ‘druk’ weens verhoogde gevalle van die virus in ‘n aantal provinsies opgebou het, en na provinsiale besoeke vandeesweek beplan sy departement om verslae aan president Cyril Ramaphosa se kabinet voor te lê.

“Ons moet nou die verantwoordelikheid verstaan dat ons die feestyd met selfbeheersing moet geniet,” het hy gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.