Uitreikingprojek hou harte warm tydens eerste tekens van bibber winter

"Die sop word met liefde, wat die geheime bestanddeel is voorberei en word met daardie warme liefde bedien."

0

Die afgelope paar weke kon bibberweer in verskeie dele van die Namakwaland deur ons weerkantoor aangeteken word en daar lê ‘n heelwat koue winterdae voor.

Die  ekonomiese uitdagings wat die KOVID-19-pandemie gebring het, het baie huishoudings  sonder ‘n vaste inkomste gelaat.

Met die oog op Radio Nfm se winter uitreikingprojek, “Soup Drive-2021”, wil die radiostasie weereens ‘n verskil maak in die harte van die luisteraars binne en buite die Namakwa-distrik.

Verlede jaar met die staat van inperking, weens die KOVID-19-pandemie het Radio Nfm 36 dorpies bereik en beplan om heelwat meer areas die jaar te bereik.

Die sukses van die projek hang af van bydraes wat gemaak sal word deur mense wat elke dag na radio NFM luister en plasings op ons sosiale blaaie dophou.

Hierdie optrede getuig van ons luisteraars se lojaliteit teenoor die radio asook medemenslikheid en ware Christenskap om met die min wat hulle self het met ander in nood te deel.

Bydraes van nie-bederfbare produkte, vars groente en finansies vir operasionele kostes, kan voorraad by sopkombuise of by ‘n tannie se huis wat bereid is om die sop voor te berei afgelewer word.

Die sop word met liefde, wat die geheime bestanddeel is voorberei en word met daardie warme liefde bedien.

Die winteruitreikingsprojek kan net suksesvol wees met die hulp en ondersteuning van die luisteraar.

Vir diè rede maak die radiostasie weer staat op die gemeenskap, besighede, en ander rolspelers vir enige bydraes in die vorm van nie-bederfbare produkte, kruideniersware en finansiële bydreas.

Dit kan afgelewer word by die kantore van Radio Nfm in Okiep.

Persone wat bydraes wil lewer kan laat weet of die voorraad by hul kan gaan af gehaal word. 

 Vir verdere navrae tot hierdie winterveldtog, kontak Radio Nfm kantore by 027 7441610. Alle KOVID-19 maatreëls sal handhaaf word en in plek wees tydens die uitreikingsveldtog.

Leave A Reply

Your email address will not be published.