Uitstekende speurwerk lei tot die inhegtenisname van verdagtes

"Die speuders het op niksvermoedende gesoekte verdagtes by hul huise in Kimberley en omliggende gebiede toegeslaan."

0

Die Kimberley SAPD-speurders het inligting opgevolg en ‘n opsporingsoperasie uitgevoer wat gelei het tot die aankeer en arrestasie van 17 manlike en vroulike gesoekte verdagtes.

Kaptein Sergio Kock, Noord Kaapse Polisiewoordvoerder het bevestig dat op Vrydag, 19 November 2021 tussen 00:00 en 08:00 het waaksame speurders 39 persele deursoek.

Die speuders het op niksvermoedende gesoekte verdagtes by hul huise in Kimberley en omliggende gebiede toegeslaan.

“Die verdagtes word gesoek vir aanklagte wat wissel van aanranding met die doel om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging, diefstal uit motorvoertuie, huisbraak en diefstal en winkeldiefstal” het Kaptein Kock gesê.

Die 13 mans en 4 vroue verdagtes behoort binnekort in die Kimberley-landdroshof te verskyn.

“Die Frances Baard-distrikskommissaris, Genl-Maj Johan Bean het die Kimberley SAPD-takbevelvoerder, Kol Rassie Victor en die Kimberley-speureenheid geloof vir hul meedoënlose optrede en toewyding en het die gemeenskap bedank vir samewerking wat gelei het tot die uitstekende arrestasies. Die optrede vorm deel van die Veiliger Feesseisoen-operasies en die polisie sal onverpoosd voortgaan om te verseker dat misdadigers van die strate verwyder en voor die gereg gebring word,” het Genl. Bean gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.