Upington Eiland Vakansie oord gesluit vir Nuwejaar 2021

0

Die welbekende Eiland Vakansie oord en Reitzpark buite Upington, in die Noord-Kaap sal gesluit wees vir die publiek.

Alle munispale swembaddens in die Dawid Kruiper Munisipaliteit, sal ook gesluit wees vir besoekers oor die groot dae.

‘n Woordvoerder vir die munispaliteit, Patrick Williams het inwoners attend gemaak op die werklikheid van die COVID-19 pandemie.

“Die munisipaliteit sal dus alles in hul vermoë doen, om die die veiligheid en gesondheid van alle lede van die gemeenskap, asook personeellede te verseker.”

Inwoners word aangemoedig om eerder nie in riviere of kanale te gaan swem nie, omdat dit lewensgevare kan inhou.

Plaaslike nood en gesondheidswerkers in ten alle tye op gereedheidsgrondslag.

Williams het afgesluit deur te vra dat landsburgers asseblief alle COVID-19 veiligheidsmaatreëls, noukeurig en deeglik moet nakom.

Leave A Reply

Your email address will not be published.