Upington-man gevonnis. Ondersoekbeampte geloof vir goeie werk

"Vonisse van sake 1 en 2 is gelas om saam met die vonnis van saak 3 te loop."

0

Nikolaas Esau (46) is deur die Noord-Kaapse hooggeregshof in Upington skuldig bevind op drie aanklagte vir huisbraak, diefstal en poging tot verkragting.

Getuienis voor die hof het bevestig  dat Esau in Augustus 2019 by ‘n 47-jarige vrou se huis in Rosedale, Upington, ingebreek het en reguit na die slaapkamer gegaan waar hy die slagoffer aan die slaap gevind het.

Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Olebogeng Tawana het bevestig dat die slagoffer hom gevra wat hy in die vroeë oggendure (tussen 24:00 en 01:00) in haar slaapkamer maak op die dag van die voorval.

Hy het haar vertel dat hy ‘n sigaret kom vra waarna die klaagster hom versoek het om die woning te verlaat.

Esau het kort daarna teruggekom en met die slagoffer geworstel en  homself op haar afgedwing.

“Toe hy besef dat die pogings om homself op haar af te dwing misluk, het hy haar selfoon gegryp en van die toneel gevlug. Hy is onmiddellik in hegtenis geneem nadat die slagoffer die saak by die polisie aangemeld het. Die ondersoekbeampte het borgtog suksesvol teengestaan en hy was in aanhouding tot die verhoor afgehandel is”, het Olebogeng gesê.

Op Vrydag 23 Julie 2021 het die Noord-Kaapse hooggeregshof in Upington hom op al drie aanklagte skuldig bevind en hy is soos volg skuldig bevind:

Saak 1- Huisbreek: 3 jaar gevangenisstraf

Saak 2- Diefstal: 3 jaar gevangenisstraf

Saak 3- Poging tot verkragting: 12 jaar gevangenisstraf.

Vonisse van sake 1 en 2 is gelas om saam met die vonnis van saak 3 te loop.

Die hooggeregshof het die beskuldigde verder ook ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Die bestuur van die SAPD in die Noord-Kaap  het die vonnisoplegging verwelkom en die ondersoekbeampte, sersant Mokwene, geloof vir buitengewone ondersoekwerk deur goeie samewerking tussen die nasionale vervolgingsgesag en die departement van justisie aan die dag te lê om te verseker dat die beskuldigde  gevonnis word en uit die samelewing verwyder was.

Leave A Reply

Your email address will not be published.