Upington-man in hof vir dwelmhandel

0

‘n 34-Jarige man, wat gister op Upington in hegtenis geneem is, sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn, op ‘n klag van dwelmhandel.

Die verdagte is tydens ‘n gesamentlike operasie geboei deur die polisie, met behulp van die Valke.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Nomthandazo Mnisi, het bevestig dat die polisie inligting ontvang het oor dwelmmiddels wat in ‘n koshuis geberg word, in Angelastraat, in die Rainbow-omgewing.

Die polisie het die inligting opgevolg en voortgegaan om die perseel te deursoek.

“Tydens deursoeking is 475 gram tik, 1065 mandrax-tablette en 67 stukke mandrax gevind en gekonfiskeer.”

Mnisi sê die dwelms het ‘n beraamde straatwaarde van R581 000.

Die verdagte sal vandag, 30 Julie in die Upington-landdroshof verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.