Upington-man in hof vir moord op bejaarde vrou

0

‘n 34-Jarige man sal vandag in die Upington-landdroshof verskyn, in verband met die moord op ‘n bejaarde vrou.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat ‘n gesamentlike poging, deur die Noord-Kaapse eenheid vir georganiseerde misdaad en die Upington-speurders, gelei het tot die inhegtenisneming van die moordverdagte.

“Die verdagte staan tereg op die moord van Judith Redelinghuys, wie se lyk in haar swembad gevind is, met haar hande agter haar rug vasgebind.”

Tawana sê die bejaarde vrou se lyk is op 30 Junie ontdek, en die polisie was sedertdien besig om die verdagte op te spoor.

Die polisie sê ook by, dat verskeie juwelierstukke van die oorledene, ook as vermis aangemeld is.

Leave A Reply

Your email address will not be published.