Upington-polisie lewer verskeie suksesse oor een naweek

0

Die Upington-polisie het oor die naweek verskillende verdagtes in hegtenis geneem, vir verskeie misdade.

‘n 23-Jarige manlike verdagte, het gister in die plaaslike landdroshof verskyn, weens die vermeende moord op Paulo Murphy (25).

‘n Woordvoerder vir die polisie, Sersant Omphile Masegela, het bevetsig dat Murphy verlede Maandag, by die taxi-staanplek, met steekwonde gevind is.

“Murphy het later in die hospitaal aan sy wonde beswyk.”

Masegela het bygevoeg dat verskeie inhegtenisnemings gemaak is in ander sake; waaronder die handel in dwelms, verkragting, die besit van vermoedelik gesteelde goedere, verkeersoortredings, korrupsie en aanranding, asook geslagsgebasseerde geweld.

Die waarnemende stasiebevelvoerder op Upington, Kolonel Jobs het gesê dai die plaaslike polisie voort sal gaan met hul pogings, om misdaad in Upington te stabiliseer en te normaliseer.

Leave A Reply

Your email address will not be published.