Upington-polisie ondersoek tref-en-trap ongeluk

Enigiemand wat iets van hierdie voorval weet, kan konstabel Vanessa Van der Westhuizen kontak, by 082 495 4615 of 054 337 3435.

0

Die Upington-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag, nadat ‘n tref-en-trap ongeluk op die N10-pad tussen Lambrechsdrift en Karos plaasgevind het.

Die insident het Maandagaand skokgolwe deur deur die dorp gestuur.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig dat ‘n onbekende middeljarige vrou met ernstige beserings op die pad aangetref is.

“Die onbekende vroulike slagoffer is na ‘n nabye hospitaal vervoer, en het later aan haar beserings beswyk.”

Ramatseba sê in hierdie stadium is daar geen inligting oor die voertuig of die oorledene nie.

“Die polisie vra in hierdie verband die hulp van die gemeenskap om die vrou te identifiseer.”

Enigiemand wat iets van hierdie voorval weet, kan konstabel Vanessa Van der Westhuizen kontak, by 082 495 4615 of 054 337 3435.

Leave A Reply

Your email address will not be published.